International
Navorsers waarsku "miljard jongmense kan hul gehoor verloor"─── 07:55 Thu, 17 Nov 2022
'n Nuwe studie het bevind dat 'n miljard tieners en jong volwassenes die gevaar loop om hul gehoor weens harde musiek, hetsy oor hul oorfone of by konserte, te verloor.
Navorsings wat in die BMJ Global Health-joernaal gepubliseer is, het bevind dat byna die helfte (48%) van 12-34-jariges aan onveilige vlakke van musiek blootgestel word wat hul gehoor in gevaar kan stel.
Jong mense is veral kwesbaar weens hul gebruik van persoonlike luistertoestelle, soos slimfone gekoppel aan oorfone.
Die navorsers doen 'n beroep op regerings om in te gryp om jongmense se gehoor te beskerm.
Die navorsers waarsku dat herhalende of selfs enkele voorvalle van luister na harde musiek, fisiologiese skade aan die ouditiewe stelsel kan veroorsaak, wat tot verbygaande of permanente tinnitus en/of veranderinge aan gehoor kan lei.
"Die skade kan mettertyd vererger, en geraasblootstelling vroeër in die lewe kan individue meer kwesbaar maak vir ouderdomverwante gehoorverlies."
In hul werk het die skrywers 33 studies ontleed wat meer as 19 000 mense betrek het en beraam dat ongeveer een uit elke vier (23%) van volwassenes aan oormatige geraas blootgestel is.
Die navorsers waarsku dat die aantal tieners en jong volwassenes wat die risiko van gehoorverlies kan hê, wissel tussen 0,67 miljard tot 1,35 miljard.
