On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Afshin van Iran is wêreld se kortste man

───   07:02 Fri, 16 Dec 2022

Afshin van Iran is wêreld se kortste man | News Article
Afshin Esmaeil Ghaderzadeh is aangewys as die kortste man wat lewe. FOTO: Guinness World Records

Die 20-jarige Afshin Esmaeil Ghaderzadeh van Iran is deur Guinness-wêreldrekords as die kortste man wat leef aangewys. Hy is 65,24cm lank.

Ghaderzadeh, van 'n dorpie in die Bukan-distrik, is byna 7cm korter as die vorige kortste man wat lewe, die 36-jarige Edward "Niño" Hernandez van Colombië.

Ghaderzadeh se ouers het aan Guinness-wêreldrekords gesê dat hy met geboorte 700g geweeg het - hy trek nou die skaal op 6,5kg.

"Ek weet wie die langste lewende man in die wêreld, ek kan dalk in die palms van sy hande pas," skerts hy.

Ghaderzadeh, wie se fisiese beperkings dit vir hom moeilik maak om werk te kry, sê hy hoop sy nuutgevonde roem sal help om sy gesin te onderhou.

"My droom is om my ouers te kan help. Hierdie wêreldwye erkenning kan my dalk help om my droom te verwesenlik."

Hy is die vierde kortste man wat ooit deur Guinness-wêreldrekords geverifieer is. Hy is na Guinness se kantoor in Dubai gevlieg sodat akkurate afmetings oor ’n tydperk van 24 uur geneem kon word.

Terwyl hy in Dubai was, is hy op uitstappies na ’n kleremaker en haarkapper geneem voordat hy 'n ander droom vervul het: ’n besoek aan die wêreld se hoogste gebou, die Burj Khalifa.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.