On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Brandweer red koei eers uit winkelsentrum, dag later uit modder

───   16:14 Thu, 05 Jan 2023

Brandweer red koei eers uit winkelsentrum, dag later uit modder | News Article
'n Koei moes uit 'n winkelsentrum in Sydney, Australië en daarna uit 'n modderdam gered word. FOTO: Fire and Rescue NSW

'n Nuuskierige koei wat Dinsdagaand in 'n winkelsentrum in Sydney, Australië verdwaal en toe gered is, het die volgende dag in 'n dam modder vasgesit en moes wéér gered word.

Die dier is Dinsdagaand deur die polisie en brandweer van Nieu-Suid-Wallis in die winkelsentrum gevang en na 'n nabygeleë weiveld by die Universiteit van Wes-Sydney geneem om daar ná haar “inkopietog” te oornag.

Pleks van 'n goeie nagrus na haar ondervinding, het sy gedurende die nag in 'n modderdam vasgeval.

Kampussekuriteit het die volgende oggend op haar afgekom waar sy tot by haar pens in modder vasgesit het.

Brandbestryders en die polisie se hulp is weer ingeroep, en tesame met kampussekuriteit is ‘n tweede poging aangewend om die koei te bevry.

Brandbestryders het 'n lus uit 'n waterpyp gemaak en haar só uit die modder gesleep.

Lede van die reddingspan het by haar gebly totdat sy herstel het, omdat sy aanvanklik nie ná haar beproewing op haar bene kon staan nie.

Sy het Woensdagaand weer by die universiteit oornag, maar hierdie keer ver van die dam.

Die raaisel rondom die koei se oorsprong en haar eienaar duur voort.

UPI

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.