On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

International

Buzz Aldrin word 93, trou vir vierde keer

───   17:24 Mon, 23 Jan 2023

Buzz Aldrin word 93, trou vir vierde keer | News Article
Buzz Aldrin en sy vrou, dr Anca Faur, tydens hul huwelikseremonie in Los Angeles. FOTO: Twitter/@therealbuzz

Die voormalige Amerikaanse ruimtevaarder Buzz Aldrin is op 20 Januarie 2023, op sy 93ste verjaarsdag, met sy jarelange liefde dr. Anca Faur getroud.

Aldrin was in 1969 een van drie ruimtevaarders op die legendariese Apollo 11-ruimtevlug en was een van die eerste twee mense wat op die maan geloop het, naas die sending se bevelvoerder, Neil Armstrong.

Die BBC berig dat die voormalige ruimtevaarder sê hy en sy nuwe vrou is so "opgewonde soos tieners wat wegloop om te gaan trou”.

Foto's van hul seremonie wat in Los Angeles plaasgevind het, is deur Aldrin op Twitter gedeel. 

"Op my 93ste verjaardag is ek bly om aan te kondig dat ek en my jarelange liefde, dr. Anca Faur, die knoop deurgehaak het," het hy getwiet.

Die 63-jarige Faur, wat 'n PhD-graad in chemiese ingenieurswese het, is die uitvoerende vise-president van Buzz Aldrin Ventures.

In 1969 het na raming 600 miljoen mense gesien hoe Neil Armstrong en Buzz Aldrin die eerste mense was wat op die maan as deel van die Apollo 11-sending geloop het. Dit was destyds die grootste televisiegehoor in die geskiedenis.

Aldrin het amper oornag een van die bekendste name op die planeet geword - die daaropvolgende maande was 'n vlaag van media-optredes, fotogeleenthede en toesprake.

"Ek het nie daaraan gedink van wat agterna sou kom nie," het hy in 2001 aan die Los Angeles Times gesê. "Ek was nie voorbereid of gemaklik om soveel in die openbare oog te wees nie."

Voor die beroemde maanlanding het Aldrin vegvliegtuie tydens die Korea-oorlog gevlieg. 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.