On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Papiervliegtuigie vlieg 88 meter, stel nuwe wêreldrekord op

───   17:18 Thu, 02 Mar 2023

Papiervliegtuigie vlieg 88 meter, stel nuwe wêreldrekord op | News Article
FOTO: Guinness-wêreldrekords

Vir Dillon Ruble van die VSA was papiervliegtuie liefde met die eerste vlug, en nou is hy die trotse wêreldrekordhouer vir die verste vlug deur 'n papiervliegtuig, altesame 88,318m.

Volgens Guinness-wêreldrekords het Ruble sedert sy kinderjare papiervliegtuigies gevou, en op 22 jaar besluit om sy talent met die wêreld te deel.

Hy het in 2022 aan die Red Bull Paper Wings-kompetisie deelgeneem, die grootste papiervliegtuigkompetisie ter wêreld. Hy was een van die eerste deelnemers om sy vliegtuig meer as 60m ver te gooi en het onder die finaliste geëindig.

Ná die kompetisie het hy en twee van sy klasmaats, Nathaniel Erickson en Garrett Jensen, hard gewerk om veranderinge aan die ontwerp aan te bring. Die drietal het saam Lugvaart- en Meganiese Ingenieurswese studeer.

Hul ontwerp is deur hipersoniese voertuie geïnspireer, wat minstens vier keer vinniger as die spoed van klank beweeg.

Hulle het vier maande lank geoefen om die vorige wêreldrekord van 77,13m te verbeter, en op die ou end het hul harde werk vrugte afgewerp.

Dit neem hulle sowat 20 minute om 'n papiervliegtuigie akkuraat te vou. ‘n Standaard-A4-grootte papier wat 100 gram per vierkante meter weeg, word gebruik.

"Hoe swaarder die papier, hoe groter is die momentum wanneer jy dit gooi," sê Jensen.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.