On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Japannese radys weeg swaarste ter wêreld

───   07:13 Wed, 15 Mar 2023

Japannese radys weeg swaarste ter wêreld | News Article

’n Japannese maatskappy het ’n Guinness-wêreldrekord geoes toe sy werknemers ’n bielie van ‘n radys gekweek het. Dit weeg 45,865 kg, die wêreld se swaarste radys tot dusver.

Die maatskappy, Manda Fermentation Co., spesialiseer in aanvullings en kunsmis vervaardig van gefermenteerde plante. Hy gebruik sy tegnologie om reuse-radyse te kweek, sê Guinness-wêreldrekords.

Radyse word gewoonlik ná drie maande geoes, maar hierdie radys is gelos om ses maande lank te groei, en te groei, en te groei …

Dit het 'n omtrek van 113 cm en ‘n wortellengte van 80 cm.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.