On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Man besoek ál 12 Disneyparke binne 12 dae

───   05:49 Wed, 22 Mar 2023

Man besoek ál 12 Disneyparke binne 12 dae | News Article
Nathan Firesheets tydens sy reis na ál Disney se parke.

'n Toegewyde Disney-aanhanger het die maatskappy se 12 pretparke regoor die wêreld binne 12 dae besoek en op al 216 werkende pretritte gegaan.

Nathan Firesheets het sy projek, The Disney Global Ride Challenge, op 8 Maart by Disneyland in Parys, Frankryk begin en dit 12 dae later by Disneyland se Magic Kingdom in Florida in die Verenigde State voltooi, berig UPI.

Die dae tussenin het hy die Walt Disney-studiopark in Parys, Sjanghai Disney-oord, Hongkong Disneyland, Tokio Disneyland, Tokio DisneySea, Disneyland in Kalifornië, Disney California Adventure, en in Florida Epcot, Animal Kingdom en Disney se Hollywood-studio besoek.

“Dit was wonderlik en ook soort van onwerklik,” sê hy. "Ek kan nog steeds nie heeltemal glo ek het dit gedoen nie."

Firesheets sê hy het daarin geslaag om op elke werkbare pretrit by elke park te gaan – altesame 216 ritte. Hy het nie bekend gemaak hoeveel geld hy aan sy projek bestee het nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.