On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

International

Giftige slang soek net 'lekker gemaklike bed'

───   07:53 Thu, 23 Mar 2023

Giftige slang soek net 'lekker gemaklike bed' | News Article
Zachery Richards met sy vangs, 'n hoogs giftige oostelike bruinslang. FOTO: Facebook

’n Vrou van Queensland, Australië, wat ’n hoogs giftige oostelike bruinslang luilekker uitgestrek in haar bed gevind het, het ’n slangvanger se hulp ingeroep om van die ongenooide huisgas ontslae te raak.

Die slangvanger, Zachery Richards van Zachery's Snake and Reptile Relocation, sê die oostelike bruinslang is een van die wêreld se giftigste slange, berig UPI.

Richards het foto's op Facebook geplaas wat wys hoe die amper 2m-lange slang homself op die bed uitstrek.

"Met my aankoms het die vrou buite vir my gewag. Ek het ingegaan na die slaapkamer waarin die slang was. Sy het die deur toegemaak met ’n handdoek onder sodat dit nie kon uitkom nie. Ek het die deur oopgestoot en dit het in die bed gelê en na my gekyk."

Richards sê die slang het waarskynlik deur ’n oop deur ingekom om die hitte te ontsnap.

"Of dit wou net ’n lekker gemaklike bed hê om in te slaap."

Hy het die slang na ’n gebied ver van die naaste huise geneem en losgelaat.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.