On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

Rusland blameer Oekraïne vir ontploffing in Russiese dorp

───   06:39 Mon, 27 Mar 2023

Rusland blameer Oekraïne vir ontploffing in Russiese dorp | News Article

’n Hommeltuig wat Sondag (26/3) in ’n Russiese dorp sowat 300 km van die grens met Oekraïne ontplof het, het glo drie mense beseer, onder wie ’n 16-jarige meisie. Talle geboue is ook beskadig.

Rusland verkwalik Oekraïne vir die ontploffing 175 km suid van Moskou. Die ontploffing het kort ná 15:00 op die dorp Kireyevsk in die Tula-streek plaasgevind.

Oekraïne het nog nie kommentaar gelewer op die ontploffing nie, wat glo drie woonstelgeboue en vier huise beskadig het en ’n krater van sowat 5m diep veroorsaak het, berig BBC.

Die Russiese staatsbeheerde nuusagentskap Tass beweer die ontploffing is veroorsaak deur 'n Sowjet-vervaardigde Tu-141-hommeltuig, wat in 2014 deur Oekraïne in gebruik geneem is nadat dit in 1989 uit diens gestel is.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.