On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

International

China se C919 passasiersvliegtuig neem nooiensvaart

───   11:10 Sun, 28 May 2023

China se C919 passasiersvliegtuig neem nooiensvaart | News Article
PHOTO: Reuters.

China se eerste plaaslik vervaardigde passasierstraalvliegtuig het opgestyg vir sy eerste kommersiële vlug.

Staats-TV het gewys hoe die C919 vroeg Sondagoggend opstyg uit Sjanghai, oppad na die hoofstad Beijing.

Die vliegtuig is deur die Kommersiële Lugvaartkorporasie van China gebou in die hoop om Airbus en Boeing se greep op smalrompvliegtuie te verswak.

Die 164-sitplek vliegtuig steun steeds swaar op Westerse parte, insluitend motors en lugvaarttoerusting.

Die C919 se eerste kommersiële vlug van Sjanghai na Beijing, het meer as 130 passasiers aanboord gehad en is in minder as drie ure voltooi. Die vliegtuig is geskeduleer om terug te keer na die kusstad.

Die staatsondersteunde China Eastern Airline het reeds vyf vliegtuie bestel.

Die lugvaartkorporasie beplan om binne vyf jaar jaarliks 150 vliegtuie te vervaardig, en sê dit het reeds meer as 1 200 bestellings vir die C919 bevestig. Sommige kenners sê wel dat van hierdie bestellings glo briewe van voorneme is van plaaslike kliënte.

President Xi Jinping, wat ’n paar jaar terug in die kajuit van ’n C919 prototipe gesit het, het die projek beskryf as een van China se mees innoverende prestasies.  

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.