On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

International

Vrystaatse brandbestryders na Kanada ontplooi

───   12:09 Tue, 06 Jun 2023

Vrystaatse brandbestryders na Kanada ontplooi | News Article
’n Span van 200 brandbestryders en 15 bestuurders het op 3 Junie na Kanada vertrek as deel van die Working on Fire-program. FOTO: Facebook

Die Working on Fire-program van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, het 200 brandbestryders en bestuur van die Vrystaat en ander provinsies na die Kanadese provinsie Alberta ontplooi om brande te help bestry.

Die departement se waarnemende hoofdirekteur, Peter Mbelengwa, sê dit is die vyfde keer dat ’n Working on Fire-span na Kanada gestuur word.

“Ek wil graag die span, wat op pad is om die veldbrande in Alberta te help bestry, die beste toewens. Hulle gaan na Kanada om hul ervaring en kameraadskaap te deel met kollegas van ander Kanadese provinsies, en om saam lewens, wonings, ondernemings en plantegroei te red,” sê Barbara Creecy, minister van bosbou, visserye en die omgewing.



Die Kanadese owerhede het dringend hulp gevra ingevolge die bestaande memorandum van verstandhouding tussen die twee lande.

Daar was dié seisoen reeds 550 veldbrande in Alberta, wat groot skade aan eiendom en infrastruktuur aangerig het. Mense is in verskeie gebiede gevra om hul huise te ontruim. 

“Die memorandum is in 2019 onderteken en maak voorsiening vir die uitruiling van hulpbronne tussen Suid-Afrika en Kanada. Dit is onderteken ná twee vorige Kanadese ontplooiings om veldbrande te bestry in Alberta en Manitoba,” sê Mbelengwa.

Die nuwe span bestaan uit opgeleide brandbestryders met ’n geldige geel kaart en meer as drie jaar se ervaring.

“25% van die brandbestryders in die eerste ontplooiing is vroue. Dit sluit in twee lede van die bestuurspan en beklemtoon Working on Fire se toewyding tot diversiteit en insluiting.”

Verskeie spanlede het reeds internasionale ervaring, wat die span se kundigheid van ingewikkelde veldbrande versterk.

“Ons is trots op die feit dat Suid-Afrika weer die Kanadese brandbestryder-spanne kan help om veldbrande onder beheer te kry. Die ervaring en opleiding van ons brandbestryders sal aansienklik bydra tot die suksesvolle bestuur van die brande in Alberta,” sê Creecy.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.