On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

International

Pole verdedig besluit oor SA joernaliste, sekerheidsmense

───   11:21 Sat, 17 Jun 2023

Pole verdedig besluit oor SA joernaliste, sekerheidsmense | News Article
President Cyril Ramaphosa en president Wolodimir Zelenski op ’n gesamentlike mediakonferensie in Kiev, Oekraïne. FOTO: Twitter @PresidencyZA

Die Poolse regering het die besluit verdedig om passasiers aan boord van 'n SAL-vlug te verhoed om by die Chopin Internasionale Lughawe af te klim.

In 'n verklaring van Pole se Ministerie van Buitelandse Sake het hulle die blaam vierkantig op Suid-Afrika geplaas omdat hulle "versuim het om te voldoen aan die standaard toegangsprosedures wat deur Pole vereis word".

Lede wat op die vliegtuig aangehou word, sluit Ramaphosa se sekerheidsmense en joernaliste in.

Ná meer as 24 uur op die vliegtuig is hulle na 'n hotel geneem, maar geen bagasie is toegelaat nie.

Ramaphosa is tans saam met ander Afrika-leiers in Oos-Europa op hul vredesending om 'n de-eskalasie van Rusland se inval in Oekraïne te beding.

Pole sê ondanks verskeie konsultasies is hulle nie in kennis gestel van bykomende mense wat aan boord sal wees nie. Daarbenewens het wapens wat gebruik word vir die veiligheid van die president nie die nodige wapenpermitte gehad nie.

"Drie konsultasievergaderings is gehou en verteenwoordigers van die ministerie van buitelandse sake was voortdurend in kontak met die Suid-Afrikaanse span van president Ramaphosa se kantoor en die Suid-Afrikaanse ambassade in Pole. Die Suid-Afrikaaners is ingelig oor alle formaliteite wat nodig is vir die afvaardiging se toegang tot Pole en die vereiste vervoerpermitte."

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.