On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

International

Zuckerberg ding mee met Twitter

───   10:20 Thu, 06 Jul 2023

Zuckerberg ding mee met Twitter | News Article
Die nuwe Threads wat via Instagram werk. Foto: manilashaker.com

Mark Zuckerberg vat Elon Musk aan op ’n nuwe platform wat met Twitter sal meeding. Dit word Threads genoem en Zuckerberg se Meta het aangekondig dat dit Donderdag in werking sal tree.

’n Kort beskrywing om Threads te bemark, lees as volg:

“Sê meer met Threads – Instagram se teksgebaseerde gesprek-toep. Threads is waar gemeenskappe bymekaarkom om alles te bespreek, van die onderwerpe waaroor jy vandag omgee tot wat môre gewild sal wees. Waarin jy ook al belangstel, jy kan direk volg en kontak maak met jou gunsteling inhoudskeppers en ander wat van dieselfde dinge hou – of ’n lojale aanhang van jou eie bou om jou idees, menings en kreatiwiteit met die wêreld te deel.”

Die tydsberekening kon nie meer perfek gewees het nie – die afgelope naweek was daar ’n Twitter-onderbreking nadat Musk twee dae tevore aangekondig het dat gebruikers beperk word tot die lees van 600 plasings per dag. Later het hy gesê die limiet, wat ingestel is “om stelselmanipulasie aan te spreek”, is tot 1 000 verhoog.

Volgens The Guardian, is Threads verlede week aan Meta-personeel onthul, met die hoofprodukbeampte, Chris Cox, wat gesê het die maatskappy werk sedert Januarie aan die nuwe produk. Die artikel sê verder dat die maatskappy reeds “prominente figure soos Oprah Winfrey” genader het om te sien of hulle dit sal oorweeg om na die nuwe webwerf te verhuis.

Meta het op Musk gesinspeel en verder gesê: “Ons het gehoor van skeppers en openbare figure wat belangstel om ’n platform te hê wat gesond bestuur word, wat hulle kan vertrou en op staatmaak vir verspreiding.”

En dit lyk of Threads-gebruikers hul bestaande Instagram-aanmeldbesonderhede sal kan gebruik, wat die aanmeldingsproses vergemaklik.

Dit alles terwyl die twee miljardêrs mekaar moontlik in ’n hokgeveg in die gesig staar.

Sosialemediagebruikers het verskeie simulasies geplaas oor die stryd tussen die twee tegnologiese reuse.

Dié twee het die aanlynwêreld aan die gons deur op mekaar se hokgeveg-uitdaging te reageer. Musk het dit selfs opgekikker deur ’n twiet te plaas wat sê daar is “ ’n kans” dat die geveg op die mees legendariese slagveld ter wêreld kan plaasvind – Rome se Colosseum.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.