On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

International

SA dokter skuldig bevind ná dogtertjies se moord

───   09:00 Thu, 17 Aug 2023

SA dokter skuldig bevind ná dogtertjies se moord | News Article
Foto's: Facebook

Die Suid-Afrikaanse dokter Lauren Dickason is skuldig bevind aan die moord op haar drie jong dogtertjies in Nieu-Seeland.

Dickason kan lewenslange tronkstraf opgelê word vir die moord op elke kind. Sy sal in ’n psigiatriese hospitaal bly tot haar vonnisoplegging, berig die New Zealand Herald.

Sy het haar tweejarige tweeling, Karla en Maya, en sesjarige dogter, Liane, in 2021 vermoor. Haar man het die meisies se lewelose liggame in hul beddens gevind toe hy van die werk af teruggekeer het. Hy het intussen na Suid-Afrika teruggekeer.

Aanklaers het aangevoer dat stres en depressie weens die kinders se wangedrag tot Dickason se ineenstorting gelei het.

Ná vyf weke se hofverrigtinge en drie dae van beraadslaging kon die jurie nie tot 'n eenparige besluit kom nie.

Die voorsittende regter het egter gesê hy sal ’n meerderheid aanvaar.

Die uitspraak is Woensdagoggend in die Hooggeregshof in Christchurch gelewer.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.