On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

International

Poetin vaar uit teen Weste

───   DANE BEISHEIM 10:13 Wed, 23 Aug 2023

Poetin vaar uit teen Weste | News Article
Die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, arriveer by die Sandton-konvensiesentrum vir die Brics-beraad. Foto: twiiter.com

“Dit is maklik om ’n pad saam met Brics te loop, maar Suid-Afrika se kern handelsvennote is steeds in die Weste.”

Die politieke ontleder prof. André Duvenhage het hierdie opmerking gemaak ná afloop van die eerste dag van die Brics-beraad, wat in Johannesburg geskied.

Russiese President Wladimir Poetin, wat nie self die 15de Brics-beraad bywoon nie, het in 'n videogreep wat tydens die beraad gebeeldsend is, uitgevaar teen die Weste.

Hy sê onder meer sogenaamde onwettige sanksies teen sy land vererger die wêreld se sosio-ekonomiese uitdagings.



“Wat interessant was, was Putin se sterk aanval op die dollar as die internaionale eenheid waarin verhandeling plaasvind. Ons weet die rubel is tans in 'n vryval, en dit is moeilik vir Rusland om handel te dryf,” sê Duvenhage.

Brics kan beskou word as ‘n uitvloeisel van ‘n veranderende wêreldorde.

“Dit dui ook daarop dat die Weste nie meer die dominante, hegomoniese plek beklee in wêreldpolitiek wat dit eens ná die Wêreldoorlog II beklee het nie.”

Die Brics-nasies – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – verteenwoordig ’n kwart van die wêreldekonomie, en belangstelling om by die groep aan te sluit het toegeneem voor die driedaagse beraad in Johannesburg.

“Dit sluit in onder meer state soos Saoedi-Arabië en Iran, wat belangrike invloedryke faktore kan wees, veral in terme van die voorsiening van ru-olie. So hier is ’n paar interessante ontwikkelinge. Vir my staan dit as teken van verskuiwende magsbasisse in die wêreldpolitiek.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.