International
Staat van oorlog ontvou in Israel─── 12:20 Sat, 07 Oct 2023

"Die vyand sal ’n prys betaal wat hy nog nooit geken het nie."
"Ons is in ’n staat van oorlog, en ons sal wen," het die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, in ’n boodskap aan Israeli’s gesê ná die onverwagse aanval deur die Palestynse terreurorganisasie Hamas.
"Die vyand sal ’n prys betaal wat hy nog nooit geken het nie," het Netanyahu gesê en opgemerk dat hy besluit het om ’n groot groep reserviste op te roep. Die Israeliese leier het landsburgers ook gevra om veiligheidsinstruksies te volg.
Prime Minister Benjamin Netanyahu:
— Prime Minister of Israel (@IsraeliPM) October 7, 2023
"Citizens of Israel,
We are at war, not in an operation or in rounds, but at war. This morning, Hamas launched a murderous surprise attack against the State of Israel and its citizens. We have been in this since the early morning hours. pic.twitter.com/C7YQUviItR
Vandag se aanval kom kort nadat medici in die Gaza-strook berig het dat hulle ’n toestroming van betogers behandel het wat blykbaar onlangs deur Israeliese magte geteiken is. Minstens een persoon is dood en nog tientalle gewond sedert betogings in die middel van September deur groepe jong mans, waarvan sommige klippe en petrolbomme gegooi het.
Hamas het vroeg Saterdagoggend (7/10) nagenoeg 2200 vuurpyle vanaf die Gazastrook na Israeliese grondgebied afgevuur in ’n onverwagse aanval, waarna Joodse burgerlikes in die strate van die suide van Israel vermoor word en talle ontvoer en gyselaar gehou word.
????BREAKING: Israeli Commander Nimrod Aloni has been captured by Hamas in the ongoing war.
— Hanif Saeed ???? (@haneefsaeed) October 7, 2023
Analyst: "This is big. Israel is meant to be a big military force. #Palestine #Gaza #AlAqsaFlood #?????_?????? #IsraelUnderAttack pic.twitter.com/PskG2MvUEX
Beeldmateriaal van Israeliese burgers wat in hul huise, strate en woonbuurte uitgemoor word, word deur Palestynse terroriste gesirkuleer ter viering van hierdie aanval op die Joodse staat. Vuurpyle het in Jerusalem, Tel Aviv, Sderot en Ashkelon neergereën.
Hamas se grootskaalse operasie het plaasgevind op die Shabbat, wat ook die Joodse vakansiedag van Simchat Torah herdenk.
A Palestinian bulldozer removing the separation wall on the Gaza Strip border.#?????_?????? #??????? #Israel #IsraelUnderAttack pic.twitter.com/r3opOWLu5s
— Sanam Jamali???? (@sana_J2) October 7, 2023
Die Nasionale woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Sioniste Federasie, Rolene Marks, is tans in Israel en getuig van die ontstellende gebeure wat op die grond plaasvind.
“Hierdie ongekende aanval deur Hamas, wat doelbewus op ’n Joodse vakansiedag en Shabbat uitgevoer is, wys die wêreld weer dat Hamas se modus operandi is om onskuldige Jode te vermoor, vrees aan te wakker en te probeer om die staat van die Jode te vernietig. Miskien sal die wêreld nou sien wat gebeur wanneer Israeliese magte nie in staat is om Palestynse terreuraanvalle te voorkom nie. Onskuldige mense word in hul huise en woonbuurte uitgemoor. Elke aanval is ’n oorlogsmisdaad en growwe skending van menseregte, en moet universeel veroordeel word,” het sy gesê.
“Die Suid-Afrikaanse regering en minister Naledi Pandor is vinnig om Israel by elke geleentheid te veroordeel, veral wanneer die Joodse staat homself verdedig, maar bly oorverdowend stil wanneer Israeli's geteiken en vermoor word.”
Hamas is getting hammered by Israel.
— BALA (@erbmjha) October 7, 2023
Operation Iron Swords ??
Now, wait for these Palestinian terrorists to cry about human rights violations. pic.twitter.com/VMqcQI3xJQ
“Die SAZF doen 'n beroep op die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking om hierdie gedrag onmiddellik en onvoorwaardelik te veroordeel, en dringend in te gryp om Joodse, Arabiese en Christelike lewens vandag in Israel te red. Die SAZF doen ook 'n beroep op die Universiteit van Kaapstad om onmiddellik die UK Palestina Solidariteitsforum te veroordeel vir afskuwelike skokkende sosiale media-plasings wat hul ondersteuning van hierdie geweld aandui, met Instagram-stories wat sê "die tyd het aangebreek".
“Israel bly die enigste demokrasie in die Midde-Ooste waar die regte van alle gelowe, minderhede, etnisiteite en oortuigings beskerm word. Dit is die tuiste van sommige van die wêreld se heiligste plekke wat godsdienstige en geestelike eerbied vir Christene, Moslems en Jode behou. Die SAZF doen 'n beroep op die ANC-regering om sy vyandigheid teenoor die staat Israel te beëindig en die geweld van Hamas-militante en Palestynse terroriste wat verantwoordelik is vir die slagting wat tans plaasvind, te veroordeel.”