International
Israel, Gaza in oorlog gewikkel ná Hamas se verrassingsaanval─── 12:00 Sun, 08 Oct 2023

“Hamas het die poorte van die hel oopgemaak.”
Die Israeliese weermag-generaal Ghasan Alyan het gewaarsku Hamas het “die poorte van die hel oopgemaak” ná hul verrassingsaanval Saterdagoggend.
Minstens 250 Israeli's en meer as 230 Palestyne is dood nadat Hamas Saterdag op Israel toegeslaan het. Gevegte het tot Sondagoggend voortgeduur, met Israeliese premier Benjamin Netanyahu wat belowe het om Hamas-vestings in Gaza "in puin te verander".
Intense lugaanvalle langs die kus het die Palestynse dodetal op minstens 232 te staan gebring, het Gaza-amptenare gesê, met byna 1 700 mense wat beseer is. Dit kom nadat Hamas se massiewe grond-, lug- en see-aanval op Israel, in dié konflik se bloedigste eskalasie in dekades.
#Palestinian terrorists attack #Israeli music festival, leaving many missing or kidnapped.#Israel #Hamas #Gaza pic.twitter.com/kBe1i6qN5T
— Anahat???? (@AnahatSagar) October 7, 2023
Skietgevegte tussen Israeliese magte en honderde Hamas-vegters het tot in die nag in minstens 22 Israeliese gebiede gewoed, insluitend ten minste twee waar gewapende mans gyselaars aangehou het, het die Israeliese weermag gesê.
The girl whose body #Hamas paraded during the attack on #Israel is a #German national identified as Shani Lauk who was just visiting the music festival in #israeli
— Naitik Raaj Tiwari (@imnaitik1001) October 8, 2023
Her inconsolable mother appealing to #hamassoldiers to atleast return her (body)#IsraelUnderAttack #FreePalastine pic.twitter.com/BeT5JgXiRQ
Die Israeliese skrywer en aktivis Noa Tishby het aan Sky News Australia gesê die terreur wat in Israel ontvou is afgryslik vir elke Jood en “elke demokrasie-liefhebbende mens” regoor die wêreld. “Israel word aangeval. Dit is groter as 'n terreuraanval; dit is niks minder nie as Israel se 9/11 of Israel se Pearl Harbour.
Israel is under attack. The terrorist organization #Hamas launched a war on #Israel, firing thousands of rockets at Israel and also invading Israeli towns and kibbutzim. These terrorists are killing innocent civilians and kidnapping men, women, and children. This is what Israel… pic.twitter.com/TC63NSCX0a
— (((noa tishby))) (@noatishby) October 7, 2023
“Die terroriste het dorpe en kibboetse in die suide van die land oorgeneem, van deur tot deur beweeg, gyselaars geneem en mense vermoor,” het sy gesê.
Die BBC het berig skietgevegte het tot in die nag tussen Israeliese magte en honderde Hamas-vegters voortgeduur. Meer as 1 000 mense in Israel is deur geweerskote of die meer as 3 000 inkomende vuurpyle gewond.
Die Israeliese weermag-generaal Ghasan Alyan het volgens CNN gewaarsku Hamas het “die poorte van die hel oopgemaak”.
Israel se weermag het gesê hulle het inwoners van Gaza gewaarsku om spesifieke geboue te ontruim voordat hulle dié veelverdiepinggeboue wat deur Hamas gebruik word, geteiken het.
LATEST: Scary! Israel i airstrikes continues to bomb Gaza, Palestine#Israel #Palestine #Hamas #?????_?????? #Hezbollah #???? pic.twitter.com/jnYcGYmYKb
— Hareem Shah (@_Hareem_Shah) October 8, 2023
Israel se staatsbeheerde elektrisiteitsmaatskappy het die kragtoevoer na Gaza onderbreek.
Die eskalasie volg op maande van toenemende geweld, meestal in die besette Wesoewer, en spanning rondom Gaza se grens en by betwiste heilige plekke in Jerusalem.
Die Hezbollah-groep in Libanon het nou gesê hulle sit agter die aanvalle op die berg Dov, 'n stuk grond wat deur Israel, Libanon en Sirië geëis word. Dit nadat Israel teruggevuur het na die Libanese gebied in reaksie op mortiervuur van daar af.
Die Iran-gesteunde militante groep, Hezbollah, sê die aanval is uitgevoer "in solidariteit met die Palestynse verset".
Just-In??
— Naseemian (@Naseemiann) October 8, 2023
The Israeli military checkpoint of Jalameh was burned by Hamas.#Israel #Gaza #Hamas #?????_?????? #?????_????? #Hezbollah #Mossad #Palestine #IsraelUnderAttack #IsraelPalestineWar
pic.twitter.com/8MxNDibkYQ
In reaksie hierop het 'n hommeltuig van die Israelse weermag infrastruktuur wat aan Hezbollah behoort, in die Jabal Rus-gebied gebombardeer.
LATEST: Hezbollah vs Israel; Israel tanks firing towards Lebanese territory.#Israel #Palestine #Hamas #?????_?????? #Gaza #???? pic.twitter.com/F4mV9ZnxQ9
— Hareem Shah (@_Hareem_Shah) October 8, 2023
Die Libanon-Israel grens was relatief kalm sedert Israel en Hezbollah 'n oorlog in 2006 geveg het, maar spanning het die afgelope maande toegeneem.
Hezbollah was een van die eerste groepe wat Hamas se inval in Israel openlik ondersteun het.
Saterdag se aanval op Israel kom kort nadat medici in die Gaza-strook berig het dat hulle ’n toestroming van betogers behandel het wat blykbaar onlangs deur Israeliese magte geteiken is. Minstens een persoon is dood en nog tientalle gewond sedert betogings in die middel van September deur groepe jong mans, waarvan sommige klippe en petrolbomme gegooi het.
Hamas het vroeg Saterdagoggend (7/10) nagenoeg 2200 vuurpyle vanaf die Gazastrook na Israeliese grondgebied afgevuur in ’n onverwagse aanval, waarna Joodse burgerlikes in die strate van die suide van Israel vermoor word en talle ontvoer en gyselaar gehou word.
Prime Minister Benjamin Netanyahu is currently holding a situation assessment at the Kirya in Tel Aviv together with Defense Minister Yoav Gallant, IDF Chief-of-Staff Lt.-Gen. Herzi Halevi and senior security establishment officials.
— Prime Minister of Israel (@IsraeliPM) October 8, 2023
"Ons is in ’n staat van oorlog, en ons sal wen," het die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, in ’n boodskap aan Israeli’s gesê ná die onverwagse aanval deur die Palestynse terreurorganisasie Hamas.
"Die vyand sal ’n prys betaal wat hy nog nooit geken het nie," het Netanyahu gesê en opgemerk dat hy besluit het om ’n groot groep reserviste op te roep. Die Israeliese leier het landsburgers ook gevra om veiligheidsinstruksies te volg.