International
Politieke onstabiliteit neem wêreldwyd toe – Duvenhage─── DANE BEISHEIM 11:50 Mon, 09 Oct 2023

“Die prys van olie sal waarskynlik die hoogte inskiet as gevolg daarvan.”
Die wêreld betree ’n uiters onstabiele politieke omgewing ná die aanvalle die naweek tussen Israel en die Palestynse terreurorganisasie Hamas, vanaf Gasa.
Dit is die mening van prof. André Duvenhage, politieke ontleder en dosent by NWU, in reaksie op die jongste geweld tussen Israel en Palestina waarin honderde mense dood is.
Duvenhage sê hy sluit nie die moontlikheid uit dat die situasie op 'n dramatiese wyse toenemend onstabiel en gewelddadiger gaan word nie.
????Israel launches fresh series of Air Strikes in Gaza, Destroys Al-Sousi mosque and other hideouts of Hamas. Massive losses reported #GazaUnderAttack #Hamas #HamasTerrorists #HamasMassacre #IsraelPalestineWar #Israel #IsraelAtWar #Israel_under_attack #Palestina #Palestine pic.twitter.com/1YwRyJMX4S
— ImVipulJamwal???? (@imvipuljamwal) October 9, 2023
“Ek dink die aanval was heeltemal onverwags. Dit gaan eskaleer in ’n volskaalse oorlog, en daar gaan ’n grondinval wees. Dit kan ander akteurs [op die wêreldverhoog] soos Iran en ander aktiveer.”
Terwyl Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking vra vir vrede in Israel en Palestina, is die regerende ANC se houding teenoor konflik in die streek meer kompleks.
Israeli citizens saying goodbyes to soldiers who would shortly enter Gaza.#Israel #Israel_under_attack #IsraelPalestineWar #IStandWithIsrael #Israel_under_attack #Palestina #PalestinaLibre #HamasTerrorists #IStandWithIsrael #IStandWithPalestine #StandWithIsrael pic.twitter.com/aO4HLxMR8W
— Nishant Taliyan (@ch_taliyan) October 9, 2023
Hy sê die regering sal waarskynlik 'n niebelyningsbenadering tot die Israel-Palestynse konflik volg, weens ekonomiese en finansiële redes. Die olieprys sal waarskynlik die hoogte inskiet as gevolg daarvan.
"Ek weet Rusland verminder sy produksie van ruolie met ongeveer 200 000 vate per dag, en ek weet die krisis in Israel gaan ook meer druk op olieproduksie daar plaas."