International
Israel, Hamas ruil 3de groep gevangenes, gyselaars uit─── 12:52 Mon, 27 Nov 2023
"Wat sy verduur het, is ondenkbaar," sê pres. Joe Biden van Amerika.
Die skietstilstand tussen Israel en Hamas was Sondag weer op dreef toe die militante nog 17 gyselaars bevry het as deel van ’n skietstilstand-ooreenkoms met Israel. Die militante het 14 Israeliese gyselaars vrygelaat, insluitend 'n meisie met Amerikaanse burgerskap, en drie gyselaars van Thailand en Rusland. Hulle is deur die Rooi Kruis via die Rafah-grens na Egipte oorgeplaas voordat hulle na Israel gereis het.
Dit was die derde uitruiling in die vier dae lange skietstilstand wat Amerika hoop verleng sou word. Op sy beurt het Israel 39 Palestynse gevangenes vrygelaat.
Die meeste gyselaars is aan die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis oorhandig. Hulle het vir ’n juigende skare gewaai toe hulle by ’n lugmagbasis in Israel aankom. Ander het deur Egipte vertrek. Israel se weermag sê een gyselaar is per helikopter na ’n hospitaal geneem, en die direkteur van die Soroka-mediese sentrum sê Elma Avraham (84) is in kritieke toestand weens die lang tydperk wat dié bejaarde vrou nie versorg is nie.”
When a 4-year-old meets hell, what do you say?
— Ambassador Ron Prosor (@Ron_Prosor) November 27, 2023
What do you tell a 4-year-old whose parents were shot and murdered in front of her eyes?
What do you tell a 4-year-old who was held hostage by Hamas for 51 days?
Words are not enough.
It's good you're home, little Abigail. pic.twitter.com/69W8VSGSDZ
Die jongste gyselaar wat vrygelaat is, is Abigail Edan, ’n vierjarige meisie met dubbele Israelies-Amerikaanse burgerskap. Haar ouers is voor haar doodgeskiet in die Hamas-aanval wat die oorlog op 7 Oktober begin het.
"Wat sy verduur het, is ondenkbaar," sê pres. Joe Biden van Amerika. In opmerkings ná die vrylating het Biden gesê sy is as gyselaar geneem en haar vierde verjaardag was in aanhouding. Hy sê sy doelwit is om die skietstilstand so lank as moontlik te verleng.
Die Israeliese gevangenisdiens het Sondag ook 39 Palestynse gevangenes vrygelaat, in ooreenstemming met die ooreenkoms wat verlede week deur Katar, Amerika en Egipte bemiddel is.
Die ooreenkoms vra dat 50 Israeliese vroue en kinders wat deur Hamas as gyselaar geneem is oor die loop van vier dae in groepe vrygelaat sal word, in ruil vir 150 Palestynse vroue en kinders, asook ’n toename in humanitêre hulp aan die Gasastrook.
Israel se premier Benjamin Netanyahu het Sondag Israeliese magte in die Gasa-strook ontmoet tydens sy eerste besoek sedert die begin van die oorlog.
Prime Minister Netanyahu led Elon Must through Kibbutz Kfar Azza, one of the communities where Hamas committed untold atrocities on Oct 7.pic.twitter.com/6j9arT4Z2m
— Aviva Klompas (@AvivaKlompas) November 27, 2023
“Ons het drie doelwitte vir hierdie oorlog: elimineer Hamas, die terugkeer van al ons gyselaars en om te verseker dat Gasa nie weer ’n bedreiging vir Israel word nie,” het Netanyahu gesê. “Ek is hier om te sê: ons sal aanhou tot die einde toe – totdat ons ’n oorwinning behaal het. Niks sal ons keer nie.”
Sondag se uitruiling was die derde in soveel dae. Vrydag is 13 Israeliese burgerlikes en 11 buitelandse burgers vrygelaat, saam met 39 Palestynse vroue en kinders.
Die Verenigde Nasies en Israeliese militêre amptenare het gesê sowat 200 vragmotors met noodvoorraad, insluitend brandstof en gas, het Saterdag die strook deur Egipte binnegegaan, met 'n soortgelyke aantal vragmotors Sondag. Besendings was die grootste na Gasa sedert Israel die enklave met 2,3 miljoen mense aangeval en beleër het toe die oorlog uitgebreek het.
OFM Nuus Corné/
Hey @Israel ????
— Dr. Anastasia Maria Loupis (@DrLoupis) November 27, 2023
Was this little girl a “HAMAS terrorist”?
She was heading to a grocery store in Nusseirat refugee camp in Gaza when an Israeli airstrike hit the street where she was walking, causing her to lose her leg. pic.twitter.com/7hyVX1qMzt