On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

International

Ons wag vir julle, dreig Naledi Pandor

───   15:02 Fri, 15 Mar 2024

Ons wag vir julle, dreig Naledi Pandor | News Article
Naledi Pandor. Foto: OFM Nuus/Olebogeng Motse

“Ons is gereed. Wanneer julle terugkom huis toe, sal ons julle in hegtenis neem.”

Israel ontken dat hy Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gedreig het. Pandor sê sy is bekommerd oor die veiligheid van haar familie sedert Suid-Afrika ’n saak by die Internasionale Geregshof aanhangig gemaak het. Suid-Afrika het Israeliese magte van volksmoord teen Palestyne in Gasa beskuldig.

Pandor het vandeesweek op die Palestynse solidariteitsdinee gesê Suid-Afrikaanse burgers wat saam met Israel se gewapende magte in Gasa veg, sal met hul terugkeer in hegtenis geneem word.

“Ek het reeds begin om Suid-Afrikaners te waarsku wat saam met die Israeliese weermag veg: ‘Ons is gereed. Wanneer julle terugkom huis toe, sal ons julle in hegtenis neem’,” het Pandor onder toejuiging gesê.


Haar uitspraak het die kloof tussen dié twee lander verder vergroot sedert Suid-Afrika Israel van volksmoord beskuldig het.

Pandor het vroeër vandeesweek tydens ’n betoging, in solidariteit met die Palestyne, wat deur ANC-verteenwoordigers bygewoon is, mense aangemoedig om buite die ambassades te betoog teen die “vyf vernaamste ondersteuners” van Israel en sy militêre optrede. Sy het hulle nie genoem nie, maar het glo onder meer na die Amerika, Brittanje en Duitsland verwys.

In Desember het die Departement van Buitelandse Sake gesê die Suid-Afrikaanse regering is bekommerd dat sommige van sy burgers of permanente inwoners by die Israeliese weermag aangesluit het om in Gasa te veg en het gewaarsku hulle kan vervolg word omdat hulle nie toestemming gekry het om dit te doen nie.


Die Suid-Afrikaanse regering het die Palestynse volk ondersteun en Israel gekritiseer selfs voor die huidige oorlog.

Die kwessie lê die regerende ANC-party en baie Suid-Afrikaners na aan die hart. Hulle beskou Israel se beleid as gedwonge rassesegregasie en onderdrukking teenoor Palestyne in Gasa en die Wesoewer en vergelyk dit met apartheid.

Israel ontken Suid-Afrika se beskuldiging en beskuldig Suid-Afrika daarvan dat hy ’n verteenwoordiger van die Hamas- militante groep is wat Israel op 7 Oktober aangeval en sowat 1 200 Israeli’s doodgemaak en 250 gyselaars na Gasa teruggeneem het, en sodoende die oorlog begin het.

Israeliese aanvalle op Gasa het reeds meer as 31 000 Palestyne doodgemaak, die meeste van die 2,3 miljoen Gasa-inwoners uit hul huise verdryf en ’n humanitêre ramp veroorsaak, met honderdduisende Palestyne op die rand van hongersnood.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.