International
‘Studente, personeel veilig ná dodelike terreuraanval in Rusland’ – Dirco─── 08:28 Sun, 24 Mar 2024

“Ons het ook kontak gemaak met alle Suid-Afrikaanse studente wat in Moskou gebaseer is; hulle is almal veilig.”
Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge (Dirco) sê die personeel van die Suid-Afrikaanse ambassade en studente wat in Rusland gesetel is, is almal veilig ná 'n terreuraanval Vrydag (22/3) waarin minstens 60 mense dood is en meer as 140 beseer is.
Gewapende mans het Vrydag ’n gewilde konsertsaal, Crocus City Hall, naby Moskou bestorm en op al die mense losgebrand.
Dirco-woordvoerder, Clayson Monyela, het aan die SABC gesê die regering veroordeel sulke aanvalle ten sterkste: “Die Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel in Moskou, insluitend plaaslike personeel, is almal veilig. Ons het ook kontak gemaak met alle Suid-Afrikaanse studente wat in Moskou gebaseer is; hulle is almal veilig.
This may be just an attack for someone , but some people lost everything in that .. ??
— Patel Prakhar (@prakhar3011) March 24, 2024
Prayers for their family ????
#MoscowAttack #Russia #Moskau #MoscowTerroristAttack pic.twitter.com/q97SBlfUx8
“Die Suid-Afrikaanse regering veroordeel hierdie aanval en alle ander terreurdade. Ons glo dat terrorisme in enige vorm om watter rede ook al nie in ons samelewing hoort nie en deur almal veroordeel moet word.”
Die Islamitiese Staat-groep het Saterdag op Telegram geskryf die aanval is “uitgevoer deur vier IS-vegters, gewapen met masjiengewere, ’n pistool, messe en brandbomme,” as deel van “die oorlog met lande wat Islam beveg”.
Dié groep het verantwoordelikheid vir die grootse aanval in twee dekades in Rusland aanvaar.
Russian President Putin: This was a bloody terrorist attack.
— M Bilal (@powerofjutt) March 24, 2024
We will identify and punish everyone behind this crime. Terrorists only await revenge and oblivion.
They have no future. #MoscowAttack #Moskau #Moscu #Moscou pic.twitter.com/wc5P1oFx9E
Russiese president Wladimir Poetin het belowe om diegene wat agter die "barbaarse terreuraanval sit" te straf, en sê vier gewapende mans wat na Oekraïne probeer vlug het, is gearresteer.
Kiev het ten sterkste enige verband ontken, met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky wat Poetin daarvan beskuldig het dat hy probeer om die skuld op hulle af te skuif.
Poetin het in sy eerste openbare opmerkings oor die aanval geen verwysing na 'n verklaring deur IS wat verantwoordelikheid aanvaar nie.
In London, People Bringing Flowers To Russian Embassy To Show Solidarity With The Victims Of Moscow Attack. ????
— Office Of Chaudhary Rohit Singh Yadav (@OfficeOfCRSY) March 24, 2024
THIS IS HUMANITY ??
#MoscowAttack #CrocusCityHall #Moscow #Russia #MoscowTerroristAttack pic.twitter.com/odwMFwZRHm
Wêreldleiers het die dodelike aanval veroordeel.
Oekraïne, wat die afgelope twee jaar in ’n oorlog met Rusland gewikkel is, “het niks te doen met die aanval nie,” het presidensiële assistent, Mykhailo Podolyak, op Telegram gesê.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het "in die sterkste moontlike terme die terreuraanval" veroordeel, het Farhan Haq, woordvoerder, in 'n verklaring gesê.
UN chief @antonioguterres and the Security Council condemned in the strongest possible terms Friday’s deadly terrorist attack at a concert hall outside Moscow.https://t.co/UX3E67dncc
— UN News (@UN_News_Centre) March 23, 2024
Die VN-Veiligheidsraad het ook sy medelye betuig en alle state aangemoedig om “aktief saam te werk” met die Russiese regering en ander owerhede om oortreders en ondersteuners van “hierdie laakbare dade van terrorisme aanspreeklik te hou en hulle voor die gereg te bring”.
Die Withuis het sy meegevoel met die slagoffers betuig en gesê hy probeer meer inligting bekom. Die VSA het Rusland glo vroeër in Maart gewaarsku oor ’n “beplande terreuraanval” wat moontlik groot byeenkomste in Moskou teiken.
Die Chinese president, Xi Jinping, het die aanval “ten sterkste veroordeel” en sy medelye aan Poetin gestuur, het staatsmedia berig. Soortgelyke boodskappe is deur die Europese Unie, Franse president Emmanuel Macron en Duitsland se buitelandse kantoor gestuur.
OFM Nuus cg