On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

International

Byna 300 ontvoerde Nigeriese kinders bevry

───   12:24 Sun, 24 Mar 2024

Byna 300 ontvoerde Nigeriese kinders bevry | News Article
Sowat 287 Nigeriese kinders is vir twee weke gyselaar gehou. Foto: Skermgreep/X

“Die Nigeriese weermag verdien ook spesiale vermelding omdat hulle gewys het met moed, vasberadenheid en toewyding kriminele elemente gedegradeer kan word.”

Byna 300 leerders wat vroeër vandeesmaand in Nigerië ontvoer is, is Sondagoggend vrygelaat, het die goewerneur van die land se Kaduna-staat op X aangekondig.

“Die ontvoerde Kuriga-kinders is ongedeerd vrygelaat,” het Uba Sani gesê sonder om verdere besonderhede te verskaf. Sani het ook die Nigeriese president, Bola Tinubu, bedank, wat “voortdurend saam met ons gewerk het om die veilige terugkeer van die kinders te verseker”.

NPR berig meer as 300 leerders is op 7 Maart deur gewapendes op motorfietse ontvoer. Hulle het die LEA Primêre en Sekondêre Skool op die dorpie Kuriga in Kaduna se Chikun-distrik bestorm, het die staat se polisiewoordvoerder Mansur Hassan aan CNN gesê.


Sommiges is gered, maar 287 is twee weke gyselaar gehou deur die ontvoerders – sowat 100 was laerskoolleerders en die res van die hoërskool.

Die ontvoerders het verlede week ’n losprys van 1 miljard naira ($620 000) geëis en gedreig om al die leerders dood te maak as daar nie aan hul eise voldoen word nie, het ’n lid van die plaaslike gemeenskap gesê.

Sani het Sondag bygevoeg dat die land se nasionale veiligheidsadviseur Nuhu Ribadu die “operasies van die veiligheidsagentskappe gekoördineer het, wat uiteindelik tot hierdie suksesvolle bevryding gelei het”.


“Die Nigeriese weermag verdien ook spesiale vermelding omdat hulle gewys het met moed, vasbeslotenheid en toewyding kan kriminele elemente onskadelik gestel word en ons veiligheid in ons gemeenskappe kan herstel,” het Sani gesê.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.