On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

International

Charlie Kirk: Moordenaar nog soek, video skok wêreldwyd

───   08:53 Thu, 11 Sep 2025

Charlie Kirk: Moordenaar nog soek, video skok wêreldwyd | News Article
Charlie Kirk, sy vrou, Erika, en hul kinders. Foto: X

Video’s van die skietery word wêreldwyd versprei en die polisie in die Amerikaanse deelstaat soek steeds na die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk (31) se moordenaar.

Die aanval op dié bondgenoot van pres. Donald Trump word as ’n “politieke sluipmoord” beskryf. Kirk wat op 18-jarige ouderdom die regse organisasie Turning Point USA gestig het, het onder ’n wit tent voor sowat 3 000 mense gepraat toe ’n enkele skoot hom in die nek getref het.

Die grusame toneel op die video skok mense wêreldwyd. Kirk wat ironies genoeg kort voor die aanslag oor vuurwapenbeheer in Amerika gepraat het, het ná die skoot geruk en ineengestort. Chaos het uitgebreek met mense wat op die vlug geslaan het.

Kirk se persoonlike veiligheidspan het hom met ’n private voertuig na die Timpanogos-streekhospitaal geneem, waar hy dood verklaar is.

Charlie Kirk sekondes voordat die skoot hom in die nek getref het.  Foto: Skermgreep X

Trump het die gebeure in ’n videoboodskap uit die Oval Office as ’n “donker oomblik vir Amerika” beskryf. Hy het Kirk geloof vir sy rol in die mobilisering van jong kiesers en sy bydrae om gestalte aan die Republikeinse party se populistiese identiteit in die era van sosiale media te gee.

Utah se departement van openbare veiligheid en die FBI het bevestig die skoot het van ’n nabygeleë gebou se dak gekom. Die aanval was slegs op Kirk gemik. Beeldmateriaal op sosiale media wys ’n persoon in donker klere op die dak net voor die skietery. 

Twee aanvanklike verdagtes is later vrygelaat nadat daar bevestig is dat hulle “geen huidige bande” met die voorval het nie. Die verdagte is steeds op vrye voet. Die polisie meen hy is nie meer op die kampus nie.

Charlie Kirk (middel) saam met pres. Donald Trump en nog ’n Trump-bondgenoot, Robert F. Kennedy, minister van gesondheid. Foto: X

Die moord het veroordeling van albei politieke kante ontlok en die vrees oor toenemende politieke geweld in Amerika verder aangevuur. 

Voormalige presidente het oproepe gedoen vir kalmte en nie-gewelddadige gesprekvoering oor die gebeure. Sommige regse mediafigure het egter wraak geëis en belowe om Kirk se missie voort te sit.

Kirk se vrou, Erika, en ander familielede was teenwoordig en is ongedeerd. Geen ander beserings is aangemeld nie. Die motief vir die aanval is steeds onbekend.

Bronne: CNN, BBC

OFM Nuus saamgestel cvs dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.