On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

International

Meer as 800 vermis ná Nepal-vloedgolf

───   09:53 Thu, 27 Aug 2026

Meer as 800 vermis ná Nepal-vloedgolf | News Article
’n Saamgestelde foto wys ’n geraakte gebied voor én na die oorstromings in Nepal. Foto: X

Nepal se toerismeraad bevestig kontak kon nog nie gemaak word nie met 644 toeriste ná verwoestende oorstromings in die Bhotekoshi-riviergebied op die grens met Tibet.

US Geological Survey wys die massas water wat huise verwoes, paaie onder water gelaat en brûe meegesleur het aan ’n “gletser-ineenstorting en ’n vloedgolf puin”. Meer as 800 mense word steeds in Nepal vermis, terwyl 177 liggame reeds gevind is, berig BBC News

In Tibet word 558 mense vermis terwyl drie sterftes bevestig is. Dit is nie duidelik of die twee lande se syfers oorvleuel nie.

Intussen word reddingspogings bemoeilik deur die aanhoudende reën en bergagtige terrein. ’n Man wat per helikopter gered is, het gesê sy vrou is “nog êrens onder die modder”.

Die oomblik toe die vloedgolf die Rasuwagadhi-grenspos getref het tussen Nepal en Tibet. Skermgreep: X

Sunil Sharma van Nepal se toerisme-owerheid sê onder die vermiste toeriste is: 

  • 178 Indiërs
  • 127 Nepalese 
  • 65 Amerikaners 
  • 53 Oekraïeners
  • 51 Maleisiërs
  • 35 Australiërs 
  • 33 Britte

“Ons koördineer met die betrokke owerhede om hulle te soek en red.” 

Inligting van toeroperateurs word steeds versamel.

Meer as 20 toeriste is Donderdag uit die Rasuwa-distrik na Nuwakot geneem, maar hul nasionaliteite is nog nie bevestig nie. Die Nepalese weermag het vroeër 21 Indiese burgers gered en na Katmandu geneem.

Die oorstromings raak ’n gewilde roete na die Hindoe-pelgrimsbestemming Kailash Mansarovar in Tibet, sowel as die Langtang-wandelgebied en die Gosain Kunda-heiligdom.

Kenners waarsku dat puin in riviere ’n tweede golf oorstromings kan veroorsaak.

Intussen blyk dit meer as 30 pelgrims uit die suidelike Indiese deelstaat Tamil Nadu is onder die vermistes in Nepal, volgens die toeroperateur wat hul reis georganiseer het.

Dié geboue, voertuie en mense is deur die oorstromings meegesleur. Skermgreep: X

Die groep van 57 het met die Super Yatra-agentskap van Kumbakonam gereis. Die eienaar, Syed Sadiq, sê sy seun, Umar Farooq, was onder hulle en het as gids gewerk.

“Die laaste keer wat ek met hom gepraat het, was Dinsdagaand, voor die oorstromings,” sê Sadiq.

Hy het bygevoeg hulle is ingelig helikopters wat uit Katmandu gestuur is, het sommige Indiese burgers gered, maar dit is nog nie duidelik van watter groep hulle afkomstig is nie. Sadiq sê hulle wag steeds op nog inligting oor die groep.

OFM Nuus sm

Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn by 066 487 1427.

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.