On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Harrismith se Brits-kinders is kwaad

───   12:00 Thu, 15 Nov 2012

Harrismith se Brits-kinders is kwaad | News Article
Lani Fouché

Harrismith - Die broers en suster van Martin Brits, 'n verdagte in die Harrismith pastoriemoord, is kwaad vir hul broer.
 
Dit kom nadat die 28-jarige Brits 'n amptelike skuldbekentenis aan die hof op Fouriesburg voorgelê het.
 
Hy word verdink van 'n aandeel in die gru-moorde van sy pa, dominee Willem Brits, en sy aanstaande swaer, Gerhardus Vermeulen, asook die aanranding van sy ma, Dorothea Brits in hul pastoriehuis 'n week gelede.

Martin is Vrydag in hegtenis geneem en het Maandag saam met sy mede-beskuldigde, Elliot Mhlambi, in die dorp se landdroshof verskyn.

'n Familiewoordvoerder, AJ Scherrer, sê sy broers, Dawid en Willie, en suster Thea, is kwaad vir hom en sukkel om die jongste verwikkelinge te verwerk.

Scherrer sê Dawid, Willie en Thea het Martin nog nie na die voorval gesien nie, maar reëlings word getref sodat hulle hom eersdaags kan besoek. Hy word tans in die Harrismith-gevangenis aangehou.
 
Intussen sal Vermeulen se roudiens vandag om 15:00 plaasvind, en Ds Willem s'n môre om 11:00.


Podcasts

AJ Scherrer:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.