On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Vyf verskyn vir Welkom-man se moord

───   07:07 Tue, 26 Mar 2013

Vyf verskyn vir Welkom-man se moord | News Article
Welkom - Vyf mense wat beskuldig word van die moord op Tony Teixeira, wat twee weke gelede van sy huis in Naudeville, Welkom ontvoer is, het gister in die stad se Landdroshof verskyn. Volgens Vrystaat polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, is die saak tot 5 April uitgestel wanneer die beskuldigdes om borg sal aansoek doen. Pieter Vorster, Mahlomola Dladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane en Amelia Makoko word van die moord op Teixeira beskuldig. Thakeng sê 'n sesde verdagte is intussen in verband met die moord in hegtenis geneem en sal vandag in die Welkom-landdroshof verskyn. Hy sê die polisie soek steeds na 'n sewende verdagte. Teixeira is op 14 Maart deur vier mans met vuurwapens ontvoer. Sy liggaam is Woensdag langs Saaiplaasweg, Virginia, deur ‘n veiligheidswag van ‘n myn opgespoor. Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind.

Sapa

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.