On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Teixeira-moordbeskuldigdes se borgaansoek hervat

───   07:11 Mon, 08 Apr 2013

Teixeira-moordbeskuldigdes se borgaansoek hervat | News Article
Christopher Motabogi -

Welkom - Die borgverhoor van ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op die Welkomse-sakeman Tony Teixeira, sal vandag in die stad se landdroshof voortgaan. Die saak teen Pieter Vorster, Mahlomola Dhladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane, Elvis Nkhabu and Amelia Makoko is Vrydag verdaag. Hulle bly in aanhouding. Die ses word daarvan verdink dat hulle Teixeira op 14 Maart by sy huis in Naudeville ontvoer het. Hulle is in hegtenis geneem kort nadat Teixeira se liggaam op 20 Maart langs Saaiplaasweg in Virginia gevind is. Hy is in die kop geskiet en sy arms en bene was vasgebind. Volgens die polisie is ‘n sewende verdagte steeds soek.




@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.