On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Borgaansoek van vermeende Texeira-moordenaars uitgestel

───   16:50 Mon, 08 Apr 2013

Borgaansoek van vermeende Texeira-moordenaars uitgestel | News Article
Owen Kock

Welkom - Die borgaansoek van ses beskuldigdes wat teregstaan op die moord van die Welkom-sakeman Tony Teixeira, is vandag in die Welkom Landdroshof tot Donderdag uitgestel.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng het bevestig dat die verdagtes Vrydag in die hof hul aansoek om borg begin het. Hy sê die vyf mans en 'n vrou word daarvan beskuldig dat hulle Teixeira op 14 Maart van sy huis in Naudeville, Welkom, ontvoer en vermoor het.

Pieter Vorster, Mahlomola Dhladhla, Tsietsi Mara, Mosoatsi Tsemane, Elvis Nkhabu and Amelia Makoko word aangekla. Teixira se liggaam is op 20 Maart langs Saaiplaasweg in Virginia gevind. Al ses beskuldigdes bly in aanhouding terwyl daar na ‘n sewende verdagte gesoek word.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.