On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Quewin Coetzee verskyn vandag

───   LANI FOUCHÉ 06:54 Wed, 29 May 2013

Quewin Coetzee verskyn vandag | News Article
Lani Fouché -

Bloemfontein - Quewin Coetzee, die vermeende moordenaar wat in Maart uit die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein ontsnap het, sal vandag weer in die Bloemfontein Landdroshof verskyn. Die 31-jarige word aangekla van die moord op sy swanger meisie, Celeste Fraser-Carson, in Februarie verlede jaar. Hy het haar na bewering met slaappille bedwelm en haar in 'n vlak graf 30km buite Bloemfontein begrawe. Coetzee was vir 'n maand lank op die vlug gewees nadat hy in Maart vanjaar uit die Grootvlei-gevangenis ontsnap het. Hy het na bewering 'n vervalste vorm wat borg toestaan, by die Bloemfonteinse Landdroshof laat indien. Sy suster het glo die R4 000 borgtog betaal, waarna hy vrygelaat is.



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.