Local News
Grainfield Chickens tevrede met regsverloop─── LANI FOUCHÉ 15:17 Tue, 20 Aug 2013

Lani Fouché
Bloemfontein - Die hoenderverskaffer, Grainfield Chickens, sê hulle is tevrede dat die reg sy verloop geneem het in die vonnisoplegging van die maatskappy se voormalige produksiebestuurder.
Jan van der Merwe van Henneman is verlede week skuldig bevind aan sewe aanklagte van bedrog, ses van diefstal en ses van geldwassery.
Hy het - glo saam met sy medebeskuldigde, Christo du Plessis - van Desember 2010 tot Augustus 2011 geld van Grainfield Chickens gesteel tydens die hantering van tenders om 'n nuwe hoender-abattoir in Reitz te bou.
Die maatskappy se besturende direkteur, Sas Kasselman, sê Grainfield Chickens en sy groot aandeelhouer, VKB, het 'n geen-toleransie-beleid wanneer dit kom by bedrog en diefstal.
Hulle glo die skade sal van Van der Merwe verhaal word. 'n Deel van sy vonnis is om R263 000 aan VKB terug te betaal.
Du Plessis se verhoor begin op 31 Oktober.