On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Betogers versper R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg

───   16:33 Mon, 28 Apr 2014

Betogers versper R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg | News Article
Mahikeng - Die polisie in Noordwes het rubberkoeëls gebruik om betogers uiteen te jaag nadat inwoners van die Rooigrond informele woongebied die R503 tussen Mahikeng en Lichtenburg met klippe versper het.
 
Die huis van 'n munisipale beampte is ook afgebrand. Meer as 50 mense is in hegtenis geneem en sal môre in die Mmabatho-landdroshof verskyn.
 
Die ontevrede inwoners van die gebied sê hulle is sedert 1994 steeds sonder basiese dienste.
 
Hulle het die polisie ook van wreedheid beskuldig.
 
Die polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane het die aantygings ontken.
 
Sapa 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.