On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Orkney-aardbewing: 2de groot bewing in enkele weke

───   16:54 Tue, 05 Aug 2014

Orkney-aardbewing: 2de groot bewing in enkele weke | News Article
Dirk Kok
 
Orkney - Die aardbewing van 5,5 op die Richterskaal wat Orkney vandag geruk het en oor groot dele van die land gevoel is, is die tweede groot aardbewing in enkele weke op dié dorp.
 
Op Sondag 15 Junie is die dorp geskud deur ’n aardbewing van 4,9. Niemand is in hierdie aardbewing in Junie beseer en geen skade is aangerig nie. Volgens rekords en nuusberigte het aardbewings hier tot twee myntragedies in die laaste 20 jaar gelei.
 
In 1994 is ’n drietal mynwerkers dood en ’n tiental beseer in ’n rotsstorting ná ’n aardbewing van 4,3 op die Richterskaal.
 
In 2000 is vier mynwerkers dood en verskeie ander beseer in ’n aardbewing van 2,9. Luidens vroeë berigte is een man in vandag se skudding dood.
 
Sy lyk is onder puin gekry in ’n myndorpie waar skade deur die skudding aangerig is. Mynbase het vroeër vanmiddag gesê minstens 17 mynwerkers is ná vandag se skudding by Anglo Gold Ashanto se Great Noligwa en Moab Khotsong myne vir ligte beserings behandel.
 
Die mynbase het gesê hulle is nog besig om vas te stel wat die toestand onder in die skagte is en om myners na die oppervlak te bring.


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.