On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Man in Bloemfontein betrap met ammunisie

───   SABRINA DEAN 09:20 Fri, 05 Dec 2014

Man in Bloemfontein betrap met ammunisie | News Article

Bloemfontein - 'n 44-jarige man sal na verwagting Maandag in die Bloemfonteinse-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit ammunisie.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Chaka Marope sê die man is gisteroggend omstreeks halfagt deur drie polisielede naby die Bloemgate-winkelsentrum in Brandwag aangekeer.
 
Hy het 16 rondtes ammunisie by hom gehad wat vermoedelik by die Tempe Militêre Basis gesteel is.
 
Marope sê die man het onder meer agt patrone vir 'n 9 mm-pistool, vier vir 'n R1-geweer, 'n patroon vir 'n R1M3-geweer en drie patroondoppies vir 'n R4-geweer by hom gehad. 
 
Hy het gesê dat hy die ammunisie in 'n asblik by Tempe gevind het.
 
Marope sê verdere ondersoek sal gedoen word om te bepaal waarvandaan die ammunisie kom.

Sabrina Dean/OFM-nuus

Podcasts

Chaka Marope:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.