On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Vyf vas vir geweld in Ladybrand

───   DANE BEISHEIM 14:42 Wed, 25 Mar 2015

Vyf vas vir geweld in Ladybrand | News Article

Ladybrand - Vyf betogers is vanmiddag in Ladybrand in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Vrystaatse polisiewoordvoerder Martin Xuma sê daar is nog geen beserings aangemeld nie. Dit volg na betogers vanoggend die strate ingevaar en paaie met boomtakke en brandende motorbande afgesper het.

Inwoners van die Manyatseng-township is ongelukkig oor dienslewering en dat die munisipaliteit inwoners wat onwettig grond beset, uit hulle huise gesit het.
 
Xuma het ook bevestig dat sowat 300 betogers, wat buite burgemeester Sello Ntsepe se huis vergader het, intussen deur die polisie verdryf is.

Hoewel die munisipale gebou in die dorp ongedeerd is, het daar volgens Xuma ’n ampsmotor en trekker in die slag gebly.
 
Hy kon nie bevestig dat die Itumeleng-saal in Manyatseng deur betogers beskadig is nie.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

Podcasts

Martin Xuma:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.