Local News
Bainsvlei-verdagte verskyn vlugtig in hof─── OWEN KOCK 14:49 Fri, 17 Apr 2015

Bloemfontein - Die verdagte in die Bainsvlei-moord het vanmiddag vlugtig in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.
Hy staan tereg op aanklagte van huisbraak, verkragting en die moord van die 15-jarige Noeliene Koekemoer, van Bainsvlei verlede week.
Koekemoer se ma, Natasha, het verlede Dinsdagaand op haar dogter se liggaam in hul woonstel op 'n hoewe in Bainsvlei afgekom.
Die verdagte het 'n vorige oortreding van diefstal en is tans uit op borgtog. Hy is nie gevra om te pleit nie en bly in aanhouding in Bainsvlei. Die staat het gevra dat borgtog nie toegestaan word nie.
Hy verskyn weer op 24 April in die hof, terwyl die ondersoek voortduur.
Owen Kock/OFM-nuus