On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with James
Listen Live Streams

Local News

NW-hengelaar se lyk gevind

───   DANE BEISHEIM 16:51 Mon, 27 Jul 2015

NW-hengelaar se lyk gevind | News Article

Delareyville - Die liggaam van Hendro Schutte (29), wat twee weke gelede saam met sy oom in Barberspan naby Delareyville in Noordwes verdrink het, is gisteroggend gevind.

Polisieduikers het onverpoosd na Schutte se liggaam gesoek.
Die twee mans was besig om in ’n boot op die dam te hengel.
 
Schutte se oom, Koos Venter (56), se lyk is reeds ’n dag na die voorval gevind.
 
Die polisie se Paul Ramaloko sê die presiese oorsaak sal deur 'n polisie-ondersoek bepaal word.
 
Schutte het as ’n bestuurder by die NWK-landboumaatskappy se kleinhandelwinkel in Ottosdal gewerk.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.