Local News
Handel in renosterhoring 'moet gewettig word'─── OWEN KOCK 18:21 Wed, 26 Aug 2015

Wesselsbron - Die handel in renosterhoring moet gewettig word.
Dit, volgens die Wesselsbronse boer Japie Pienaar, wat twee renosters verloor het nadat hulle Sondag deur booswigte gewond is in ‘n poging om hul horings te stroop.
‘n Twee maand oue bulkalfie is van Pienaar se plaas na die Noord-Kaap verskuif waar hy saam met ‘n ander wesie gerehabiliteer sal word.
'n Emosionele Pienaar, wat ook met Arabierperde boer, het aan OFM-nuus gesê hy voel jammer vir die kalfie, want hy was baie na aan sy ma en wou niemand naby haar toelaat nadat sy gewond is nie.
Die booswigte is steeds op vrye voet.
Owen Kock/OFM-nuus
Japie Pienaar: