Local News
Noeline Koekemoer-moord: Verdagte verskyn weer─── OWEN KOCK 06:52 Fri, 28 Aug 2015

Bloemfontein - Die man wat verdink word van die moord op en verkragting van die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bainsvlei, verskyn na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof.
Koekemoer se ma, Natasha, het op 7 April op haar bebloede lyk in hul woonstel op ‘n hoewe in Bainsvlei afgekom.
Die aangeklaagde, in sy dertigs, is vantevore in Delportshoop in die Noord-Kaap aan gewapende roof skuldig bevind en ‘n vonnis van 12 jaar opgelê. Hy is in Maart 2013 op parool vrygelaat, maar sal egter nou die res van sy vonnis in die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein uitdien. Hy het ook ‘n saak van huisbraak hangende teen hom.
Die aangeklaagde se naam kan eers bekend gemaak word wanneer hy op die aanklagte, wat ook huisbraak en diefstal insluit, pleit.
Owen Kock/OFM-nuus