On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Drie dood in Vrystaat-plaasskietery

───   REFILWE GAESWE 10:35 Sun, 20 Sep 2015

Drie dood in Vrystaat-plaasskietery | News Article

Vredefort - 'n Vyftigjarige man en twee kinders is gisteraand doodgeskiet op 'n plaas by Vredefort in die Vrystaat.

Volgens polisiewoordvoerder Masilela Langa het plaasvoorman Hansie Raath na bewering 'n man, wat aan hom bekend is, en ses kinders by 'n vulstasie op die dorp opgelaai en saam met hulle op die plaas Palmietkuil gaan eet.

Die man het blykbaar 'n vuurwapen van Raath in die hande gekry en die groep daarmee gedreig. Hy het Raath doodgeskiet  en ook die
11- en 15-jarige seuns doodgeskiet toe hulle probeer vlug het.

Die verdagte is nog soek.

Refilwe Gaeswe/OFM-nuus


Podcasts

Vrystaat polisiewoordvoerder Masilela Langa:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.