Local News
Vredefort plaasmoorde vooraf beplan - VL─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:24 Mon, 21 Sep 2015

Vredefort - Vrystaat Landbou sê die voorval waarin 'n kontrakwerker en twee seuns op 'n plaas by Vredefort Saterdagaand doodgeskiet is, was vooraf beplan.
VL se Tommy Esterhuyse sê beskikbare inligting dui daarop dat Hansie Raath en twee seuns, onderskeidelik 11 en 15, in 'n rooftog op die plaas Palmietkuil doodgeskiet is.
Volgens Esterhuyse het Raath Saterdag 'n 35-jarige verdagte, wat gister in Kroonstad aangekeer is, en ses kinders van die plaas by 'n vulstasie in Vredefort opgelaai. Hulle is toe na die plaas.
Esterhuyse sê die verdagte het vermoedelik Raath, wat aan die etenstafel gesit het, van agter in die kop geskiet. Die twee kinders is ook van agter in die kop geskiet, terwyl twee ander weggehardloop het.
Die verdagte het vermoedelik die vuurwapen uit 'n kluis in 'n slaapkamer in Raath se huis gehaal. Hy het ná die voorval in Raath se bakkie gevlug en dit vermoedelik later by Kroonstad aan die brand gesteek.
'n Tweede man (30) is ook gister as medepligtige aangekeer nadat hy die verdagte na bewering van Vredefort na 'n informele nedersetting vervoer het.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus
Tommy Esterhuyse: