On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Hansie Raath en seuns se vermeende moordenaar steeds agter tralies

───   DANE BEISHEIM 15:16 Mon, 28 Sep 2015

Hansie Raath en seuns se vermeende moordenaar steeds agter tralies | News Article

Vredefort - Die borgtogaansoek van die vermeende moordenaar van Hansie Raath en twee seuns van Vredefort in die Vrystaat is tot volgende Maandag uitgestel.

Dit is volgens staatsaanklaer Vusi Nhlapo en volg nadat Tsietsi Joseph Mangola se regsverteenwoordiger nie vanoggend se hofverrigtinge kon bywoon nie.

Mangola word aangekla van die moord op die 53-jarige kontrakteur, Hansie Raath, en twee seuns, Katleho Mosolodi en Petrus Mohlamme, onderskeidelik 15 en 11 jaar oud.

Mangola, 'n voormalige werknemer van Raath, het hom en die seuns na bewering nege dae gelede met 'n 9mm-pistool wat hy uit 'n kluis in die huis gaan haal het, geskiet.

Intussen het die ANC-Jeugliga in Vredefort vanoggend 'n memorandum van eise rakende die betrokke saak aan die hofbestuurder oorhandig. Takvoorsitter George Rooi het aan OFM-nuus gesê die liga eis onder meer dat Mangola nie borgtog toegestaan word nie.

Dane Beisheim/OFM-nuus
 
 


Podcasts

George Rooi:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.