On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vredefort driedubbele moord: Man vandag weer in hof vir borgaansoek

───   DANE BEISHEIM 07:36 Mon, 05 Oct 2015

Vredefort driedubbele moord: Man vandag weer in hof vir borgaansoek | News Article

Vredefort - Die borgtogaansoek van die vermeende moordenaar van 'n plaasvoorman en twee seuns in Vredefort hervat na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof.

Verrigtinge is verlede week uitgestel nadat Tsietsi Joseph Mangola se regsverteenwoordiger nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

Mangola word aangekla van die moord op Hansie Raath (53) en twee seuns, Katleho Mosolodi en Petrus Mohlamme, onderskeidelik 15 en 11 jaar oud, op die plaas Palmietkuil.

Mangola, 'n voormalige werknemer van Raath, het hom en die seuns na bewering met 'n 9mm-pistool wat hy uit 'n kluis in die huis gaan haal het, geskiet.
 
Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.