On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vredefort driedubbelemoord: beskuldigde verskyn weer

───   07:16 Thu, 05 Nov 2015

Vredefort driedubbelemoord: beskuldigde verskyn weer | News Article

Vredefort - Die vermeende moordenaar van ‘n Vrystaatse kontrakteur wat herstelwerk op plase gedoen het, asook twee kinders op ‘n plaas by Vredefort, verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof.

Tsietsi Joseph Mangola is vroeër borgtog geweier. Hy staan tereg op die moord op Hansie Raath en twee minderjarige seuns, Petrus Mohlamme en Katleho Mosolodi, op 11 September.

Mangola het glo eers vir Raath, sy voormalige werkgewer, en toe die twee seuns in Raath se plaashuis doodgeskiet.

Raath, ‘n weldoener wat hom oor behoeftige plaaskinders ontferm het, het Mangola glo vroeër die dag op die dorp gaan haal om by hom op die plaas te kuier. Vier plaaskinders het hom vergesel.

Ná die skietvoorval het twee kinders weggehardloop en hulp ontbied, terwyl Mangola op die vlug geslaan het. Hy is die volgende dag in Kroonstad in hegtenis geneem. Raath se pistool is ook in die Valsrivier by Kroonstad gevind.  

Christal-Lize Muller/OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.