On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Korrupsieverhoor van twee Vrystaatse LUR'e begin

───   DANE BEISHEIM 07:39 Mon, 16 Nov 2015

Korrupsieverhoor van twee Vrystaatse LUR'e begin | News Article

Welkom - Die verhoor van twee Vrystaatse LUR'e, wat van korrupsie aangekla word, begin na verwagting vandag in Welkom in die Vrystaat.

Die LUR vir gesondheid, Benny Malakoane, en die LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, Mathabo Leeto, word saam met die voormalige finansiële hoof van Matjhabeng, Louis de Bruin, sy persoonlike assistent, Leona Nel, Oupa Molete (direkteur van Pole Ads), Hendrik Burger (uitvoerende hoof van Equipcell, handeldrywend as Gestetner Maluti) en twee maatskappye aangekla.

Die beskuldigdes het glo R13 miljoen se gunslone ontvang vir kontrakte wat onreëlmatig toegeken is in die Matjhabeng plaaslike munisipaliteit tussen Oktober 2007 en Junie 2008. Matjhabeng sluit Welkom, Odendaalsrus, Virginia en Hennenman in.

Leeto was in die tyd wat die beweerde misdrywe gepleeg is, uitvoerende burgemeester van Matjhabeng. Malakoane was destyds die munisipale bestuurder van Matjhabeng.

Dane Beisheim/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.