On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Oudkollegas en Grey-leerlinge onthou Pierre Korkie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:38 Mon, 22 Feb 2016

Oudkollegas en Grey-leerlinge onthou Pierre Korkie | News Article
Yolande Korkie (Christal-Lize Muller/OFM News)

Bloemfontein - Wyle Pierre Korkie was ‘n saggeaarde man met goeie waardes. Hy was ‘n ware gentleman wat almal met respek en liefde behandel het.


So beskryf Dries van der Wal, sy voormalige kollega wat destyds, voordat die Korkie-gesin in 2009 na Jemen verhuis het, saam met hom ‘n onderwyser aan Grey-kollege Sekondêr was. Van der Wal, wat al meer as 35 jaar verbonde is aan die seunskool, het vandag nadat Pierre se vrou, Yolande, haar outobiografie 558 Dae by die skool bekendgestel het, gesê dit is ‘n ware voorreg vir die skool dat die geleentheid daar plaasgevind het.

Ruan Coetzer, ‘n oudleerling wat in 1986 in Korkie se registerklas was, sê hy was ‘n legende.

Die boek 558 Dae, wat ook in Engels beskikbaar is, vertel die Korkie-egpaar se aangrypende verhaal vandat hulle op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer is en later deur Al-Kaïda gyselaar geneem is.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.