On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Name van leerlinge wat in Noordwes verdrink het, nog nie bekend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:17 Wed, 23 Mar 2016

Name van leerlinge wat in Noordwes verdrink het, nog nie bekend | News Article
File photo

Rustenburg - Die name van die drie leerlinge van die Tegniese Hoërskool Rustenburg, wat die naweek by die Bergheim-vakansieoord naby die stad tydens ‘n skoolkamp verdrink het, is nog nie bekendgemaak op versoek van hul naasbestaandes nie.


Die Noordwes Onderwysdepartement se woordvoerder, Elias Malindi, sê die seuns, onderskeidelik 15, 16 en 17 jaar oud, was in ‘n kanoe op die water toe dit omgekeer het. Twee seuns is uit die water gehaal. Mond-tot-mond-asemhaling is op hulle toegepas, maar hulle was reeds dood. Die derde seun is eers later gekry.

Malindi sê altesaam 21 leerlinge van die skool het aan die jaarlikse uitstappie deelgeneem om navorsing oor die natuur te doen. Hulle het Vrydag by die vakansie-oord aangekom. Die uitstappie sou na verwagting tot Sondag duur, maar ná die voorval Saterdag is die kamp afgestel. Malindi sê die departement ondersoek ook die voorval.

Die departement se onafhanklike ondersoek is grotendeels gesentreer rondom hoe die ongeluk gebeur het. Malindi sê daar sal onder meer vasgestel word of daar voldoende toesig was toe die leerlinge in die kanoe’s op die water gevaar het en of hulle die nodige reddingsbaadjies aangehad het. Die departement se ondersoek sal voortgaan sonder om die polisie se ondersoek te belemmer. Dit is nog onduidelik hoe die kanoe omgekeer het.

Malindi sê berading word aan die oorledenes se gesinne, asook aan leerlinge wat op die uitstappie was, by dié skool verskaf. Hy sê die departement sal die gesinne van die oorledenes ook met begrafnisreëlings bystaan en geldelik ondersteun om die seuns gepas ter ruste te lê. Die oorledenes was in gr. 8, 9 en 10.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.