Local News
Hoër Landbouskool-vier: Voorvonnisverhoor begin─── MARK STEENBOK 08:38 Fri, 22 Apr 2016

File photo
Jan Kempdorp - Die voorvonnisverhoor van drie seuns van Jan Kempdorp, wat tereg staan op aanklagte van seksuele aanranding, begin na verwagting vandag op die dorp.
Die seuns het skuld beken op verskeie aanklagte tydens hul verhoor in die Kimberley-streekhof.
Dit spruit uit ‘n voorval by die Hoër Landbouskool Noord-Kaap waar twee meerderjarige seuns en twee minderjariges verlede jaar glo ‘n medeleerling aangerand het.
Die twee meerderjarige seuns het skuld op vier aanklagte van aanranding en een aanklag van crimen injuria erken. ‘n 16-jarige het op twee aanklagte van seksuele aanranding skuld beken. Die 15-jarige beskuldigde is vrygespreek.
OFM-nuus