On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vonnisoplegging van Jan Kempdorp-seuns uitgestel ná klaer se dood

───   DANE BEISHEIM 15:07 Fri, 22 Apr 2016

Vonnisoplegging van Jan Kempdorp-seuns uitgestel ná klaer se dood | News Article

Jan Kempdorp - Die vonnisoplegging van drie Jan Kempdorp-skoolseuns wat teregstaan op onder meer seksuele aanranding is tot 22 Julie uitgestel, nadat die klaer gisteraand oorlede is.


Hy is omstreeks middernag in ’n Bloemfonteinse hospitaal weens leukemie dood. Volgens staatsaanklaer, Charles Mbewe, is die vonnisverrigtinge uit empatie met die twintigjarige slagoffer se familie uitgestel.

Die hof wag ook steeds op ’n korrektiewe voorvonnisverslag.

Die aanklagte spruit uit 'n voorval by die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland, verlede jaar.

Stephan Venter en Zalman Davis, wat albei 19 jaar oud is, het reeds skuld op vier aanklagte van aanranding en een van crimen injuria beken.

’n Sestienjarige seun het skuld op twee aanklagte van seksuele aanranding beken.

Die vierde seun (15) is vrygespreek, maar moet maatskaplike programme voltooi.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.