On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Beplanning vir Potchefstroom-kunstefees verloop vlot

───   DANE BEISHEIM 05:46 Thu, 12 May 2016

Beplanning vir Potchefstroom-kunstefees verloop vlot | News Article
File photo

Potchefstroom - Daar word volstoom gewerk aan die beplanning van die Potchefstroom Kunstefees.


Woordvoerder vir die groep van Aardklop-belanghebbendes en besturende direkteur van die ATKV, Japie Gouws, sê verder die proses om 'n maatskappy sonder winsbejag te stig, waarin alle sake van die fees gehanteer sal word, is aan die gang. 'n Direksie sal ook binnekort aangestel word.

Die belanghebbendes het in Maart gesê die Aardklop Kunstefees sal voortaan die Potchefstroom Kunstefees genoem word, en voorlopig van 4 tot 9 Oktober gehou word.

Gouws sê die proses om aansoek te doen vir produksies het ook nou begin, en skriftelike aansoeke kan per e-pos gerig word.
 
Daardie e-posse is op OFM-nuus se webtuiste beskikbaar, by ofm.co.za.

Die direksie van die maatskappy sal binnekort aangestel word. Daar word versoek dat nominasies, uit die geledere van Potchefstroom om op die direksie of op die direksiekomitees te dien, nou ingedien word. Kundighede wat benodig word, is onder meer finansies, kunste, gemeenskapsbetrokkenheid, regskundigheid en bemarking.

•    Skriftelike nominasies met kort CV’s van die genomineerdes, geteken deur die persoon wat nomineer en die persoon wat genomineer word, met volledige kontakbesonderhede, kan per e-pos gestuur word aan Potchfeesprogram@gmail.com. Die sluitingsdatum is 27 Mei 2016.

•    Die proses om aansoek te doen vir produksies het ook nou begin en skriftelike aansoeke kan per e-pos gerig word aan Potchfeesprogram@gmail.com. Die sluitingsdatum is 27 Mei 2016.

•    Aansoek vir stalletjies (op die feesterrein op die Bult) kan nou per e-pos gestuur word aan Potchfeesstalletjies@gmail.com. Die sluitingsdatum is 24 Junie 2016.
 
OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.