On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

John Block-saak vorm deel van multi-miljoenrandse sake in NK

───   CATHY DLODLO 15:12 Thu, 22 Sep 2016

John Block-saak vorm deel van multi-miljoenrandse sake in NK | News Article
John Block/OFM-nuus

Kimberley - Twee hoë-profiel korrupsiesake, insluitend die skuldigbevinding van die voormalige Noord-Kaapse LUR vir Finansies, vorm deel van die multi-miljoenrandse sake wat by die Anti-korrupsie-taakspan in die provinsie aanhangig gemaak is.


John Block is verlede jaar Oktober saam met die direkteur van Trifecta, Christo Scholtz, in die Kimberleyse Hooggeregshof skuldig bevind aan bedrog, korrupsie en geldwassery. 

In nog ‘n saak in die provinsie word die hoof finansiële beampte en bestuurder van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling ondersoek in verband met beweringe dat hulle verskeie maatskappye gestig het wat miljoene rande se toelae van die departement ontvang het. 

Die hoof van die Valke en die taakspan, Berning Ntlemeza, het aan die Portefeuljekomitee oor Openbare Rekeninge gesê die sake in die Noord-Kaap beloop gesamentlik meer as R880 miljoen. Hy sê 32 staatsamptenare en lede van die publiek is by die sake betrokke. 

Intussen is Block se vonnisoplegging tot Februarie 2017 uitgestel.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.